Beproef vanaand hierdie maklike resep.
Genoeg vir 4-6
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 30 min.
8 hoenderboudjies
15 ml (1 e) paprika
15 ml (1 e) fyn komyn
4 knoffelhuisies
15 ml (1 e) olie
Slaai
250 ml (1 k) koeskoes
200 g blik mieliepitte, gedreineer
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
2 sprietuie, in dun skywe gesny
sap van ½ suurlemoen
sout en peper, na smaak
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Plaas die hoender in ’n groot roosterpan en strooi die speserye oor. Maak die knoffel fyn terwyl jy die skille aan los en voeg dit in die pan.
- Bedruip met die olie en geur met sout en peper na smaak. Rooster die hoender 30 min. of tot dit effens gebrand en deurgaar is.
- Slaai: Plaas die koeskoes in ’n groot bak, gooi 500 ml (2 k) kookwater oor, bedek met kleefplastiek en sit 3 min. eenkant of tot al die water geabsorbeer het. Vlok die koeskoes met ’n vurk en voeg die mieliepitte en blokkies soetrissie in die bak. Voeg die sprietuie en suurlemoensap by. Geur met sout en peper na smaak.
- Sit die koeskoesslaai voor saam met die hoender.
Deur Hope Malau
Foto: Megan Miller