Quantcast
Channel: Pluimvee – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 73

Banting-hoender toegedraai in spekvleis met avokado-en-groenboonslaai

$
0
0

Probeer jy koolhidrate uitsny? Dan moet jy hierdie heerlike, maklike en vinnige hoender toegedraai in spekvleis en groenteslaai op die proef stel

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 20 min.

4 beenlose hoenderborsies
sout en peper
2 x 250 g-pakke streepspekvleis
225 g kersietamaties
15 ml (1 e) olyfolie
1 rooi-ui, in skywe gesny
1 takkie roosmaryn, fyn gekap
300 g groenbone, kante afgesny
15 ml (1 e) balsemieke asyn
2 avokado’s

Voorverhit die oond tot 220 °C.

  1. Geur die hoenderborsies met die sout en peper en vou 2-3 repe spekvleis om elkeen. Pak op ’n roosterpan wat liggies geolie is en rangskik die tamaties om die hoender. Rooster 15 min. tot die hoender deurgaar is maar nie droog nie.
  2. Verhit intussen die olie in ’n groot pan, voeg die ui en roosmaryn by en braai 5 min. liggies tot versag.
  3. Roer die groenbone in en kook nog 5 min. Giet die balsemieke asyn in en kook 5 min. terwyl jy af en toe roer. Geur met die sout en peper.
  4. Verdeel die mengsel tussen 4 borde. Sny die avokado’s in skywe en sit dit saam met die hoender en geroosterde kersietamaties voor.

Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander


Viewing all articles
Browse latest Browse all 73


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>