Quantcast
Channel: Pluimvee – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 73

Spesery-hoendersosaties

$
0
0

’n Vinnige en maklike maaltyd vir die middel van die week – geurig gespeseryde hoender met ’n krakerige slaai, bedek met tzatziki.

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 15 min.

4 hoenderfilette, in blokkies gesny
15 ml (1 e) olyfolie
10 ml (2 t) koljandersaad, fyngedruk
5 ml (1 t) komynsaad, fyngedruk
5 ml (1 t) paprika
1 knoffelhuisie, fyngedruk
sout en peper
TZATZIKI
1 komkommer, grof gerasper
1 knoffelhuisie, fyngedruk
250 ml (1 k) gewone jogurt
’n hand vol vars kruisement, gekap
sout en peper
SLAAI
rooi kool
wortels

  1. Meng die hoender, olie, koljander, komyn, paprika en knoffel in ’n groot pak. Geur met sout en peper en meng om die hoender egalig met die speserye te bedek. Ryg aan sosastiepenne en sit eenkant.
  2. Tzatziki: Druk soveel moontlik vloeistof uit die komkommer. Plaas in ’n middelslag bak. Voeg die knoffel, jogurt en kruisement by en roer tot gemeng. Geur met sout en peper.
  3. Slaai: Versnipper die kool, rasper die wortels en meng.
  4. Verhit ’n pan oor matig hoë hitte. Voeg die hoendersosaties by en braai 8 minute of tot goudbruin en deurgaar terwyl jy af en toe omdraai.
  5. Verdeel die sosaties tussen borde. Bedek die kool-en-wortelmengsel met tzatziki en sit voor saam met die hoender.

Deur Hope Malau


Viewing all articles
Browse latest Browse all 73

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>