Hierdie maklike oop hoenderbroodjie met harissa-slaai is nie net heerlik nie; dis ook vinnig om te berei.
Genoeg vir 4
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 20 min.
4 hoenderborsies
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
skil van 2 suurlemoene
’n hand vol tiemie
2 hande vol gemengde slaaiblare
4 snye volgraanbrood, gerooster
’n hand vol kersietamaties, gehalveer
Slaaisous
harissapasta
’n hand vol pietersielie, fyn gekap
sap van 1 suurlemoen
3 knoffelhuisies
250 ml (1 k) gewone jogurt
2 knoffelhuisies, fyngedruk
- Voeg die hoender, aftreksel, suurlemoenskil en tiemie in ’n kastrol, bedek met ’n deksel en bring tot kookpunt oor matige hitte.
- Laat dit 20 min. liggies prut of tot die hoender deurgaar is, maar sag en sappig. Plaas van die blaarslaai op ’n sny volgraanbrood.
- Versnipper ’n porsie van die hoender. Meng die sousbestanddele en gooi mildelik oor. Sit van die tamatie bo-op en sit voor.
Deur Hope Malau
Foto: Misha Jordaan