Hierdie eenvoudige peuselkos is sommer ook ’n lekker manier om jou yskas leeg te maak.
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 10 min.
JOGURTSOUS
2 knoffelhuisies, fyngedruk
¼ komkommer, gerasper en gedruk om oortollige water te verwyder
60 g natuurlike jogurt
½ suurlemoen se sap
’n hand vol kruisementblare, gekap
sout en peper
NAAN-PIZZA
2 naanbrode
15 ml (1 e) olyfolie
1 ml (¼ t) koljandersaad
½ rooi-ui, in dun skywe gesny
2 hoenderborsies, gaargemaak en in skywe gesny
6 kersietamaties, gehalveer
’n hand vol roketblare
Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Jogurtsous Meng al die bestanddele en geur met die sout en peper.
- Naan-pizza Plaas die naanbrode op ’n gevoerde bakplaat, verf met die olie en strooi die koljandersaad, ui, hoender en tamatie oor. Bak 10 min. in die oond.
- Skep die sous oor, bedek met die roketblare en sit voor.
Deur Hope Malau
Foto: Misha Jordaan