Hierdie eiergebraaide rys is geskik vir aandete.
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 15min.
30 ml (2 e) olie
2 eiers, geklits
6 sprietuie, in skywe gesny
2 wortels, in blokkies gesny
4 knoffelhuisies, fyngedruk
300 g repe spekvleis, in blokkies gesny
375 ml (1½ k) gaar rys
250 ml (1 k) bevrore ertjies
30 ml (2 e) sojasous
- Verhit ’n pan oor hoë hitte. Voeg die olie by en dan die eiers. Swaai goed om die kant van die pan met eiermengsel te bedek. Bak en lig dan die een kant op en rol die omelet op. Keer op ’n snyplank uit en laat afkoel.
- Voeg ’n skeut olie in die pan en braai die sprietuie en wortels 2 min. Voeg die knoffel by en braai tot geurig.
- Voeg die vleis, rys en ertjies by en braai 2 min. of tot warm. Sny die omelet in repe en voeg dit in die pan. Sprinkel die sojasous oor.
Deur Hope Malau
Foto: Megan Miller