Quantcast
Channel: Pluimvee – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 73

Geurige braaihoender met ’n klapperlaag

$
0
0

Vir Banting-aanhangers. Ons het hierdie heerlike weergawe van die immergewilde braaihoender geskep deur klapper pleks van broodkrummels in die bedekking te gebruik. Dus pas dit volmaak in by ’n geenkoolhidraat-, hoë-proteïen-eetplan.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 15 min.

3 groot eiers
80 ml (⅓ k) water
125 ml (½ k) sterk sous
500 ml (2 k) droë klapper
sout en peper
2 ml (½ t) knoffelpoeier
2 ml (½ t) brandrissiepoeier
400 g hoenderstukke
olie vir diepbraai

  1. Verhit die stoof se warmlaai. Plaas ’n metaalrak op ’n bakplaat.
  2. Klits die eiers, water en sterk sous saam in ’n bak.
  3. Meng die klapper, sout, peper, knoffelpoeier en brandrissiepoeier in ’n ander bak.
  4. Doop die hoender in die eiermengsel en bedek dit dan goed met die klappermengsel.
  5. Berei ’n bakplaat voor met ’n afkoelrak op. Hou dit byderhand om die gaar hoender in die oond om dit warm te hou as jy dit in sarsies braai.
  6. Verhit olie vir diepbraai in ’n diep pot. Sorg dat die pot nie meer as half vol is nie.
  7. Plaas ’n paar stukke hoender in die olie terwyl jy seker maak elke stuk het genoeg plek. Braai sowat 10 minute tot bruin en bros. Verplaas dit met ’n gaatjieslepel van metaal na die rak op die bakplaat en hou dit in die warmlaai warm terwyl jy die oorblywende hoender gaarmaak.

Deur Hope MalauFoto: David Briers


Viewing all articles
Browse latest Browse all 73

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>