’n Heilsame en gesonde maaltyd – net reg vir ’n koue aand.
GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 8 min.
Gaarmaak: 50 min.
15 ml (1 e) olyfolie
4 hoenderborsies, in skywe gesny
2 wortels, fyn gekap
2 selderystokke, fyn gekap
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
2 takkies tiemie
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
500 ml (2 k) water
80 ml (⅓ k) pêrelgort, afgespoel
2 lourierblare
3 tamaties, fyn gekap
3 aartappels, fyn gekap
- Verhit die olie in ’n groot kastrol oor matige hitte. Roer die hoender 2 min. in.
- Roer die wortels, seldery en ui in tot sag. Roer die knoffel en tiemie 1 min. in of tot geurig.
- Voeg die aftreksel, water, gort en lourierblare by. Bedek en bring tot kookpunt. Verminder die hitte tot laag. Laat prut 30 min. bedek. Voeg die tamaties en aartappels by. Laat prut 15 min. of tot die aartappels sag is.
Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander