Hoender met ’n mosterdbolaag is heerlik net so, maar die tamatie gee elke happie ’n sappige soetheid.
GENOEG VIR 4-6
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 20 min.
400 g skilferkorsdeeg
5 ml (1 t) heelkorrelmosterd
60 ml (¼ k) suurroom
1 eier, geklits
3 hoenderborsies, gaargemaak en versnipper
4 tamaties, in wiggies gesny
’n hand vol koljander, grof gekap
sout en peper
Voorverhit die oond tot 220 oC.
- Rol die deeg oop op ’n gesmeerde bakplaat en keep ’n lyn op al vier kante om ’n rand van 2,5 cm te vorm.
- Prik die middel van die deel oraloor met ’n vurk en bak 10 minute.
- Meng die mosterd en suurroom in ’n bakkie. Haal die deeg uit die oond en druk die middel terug.
- Verf die deegrand met die geklitste eier en smeer die suurroommengsel oor die middel van die deeg.
- Strooi die hoender, tamaties en koljander bo-oor en geur.
- Sit terug in die oond en bak 8 minute of tot borrelend en die deeg gaar gebak is.
Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander