Beproef hierdie heerlike, maklike Chinese gereg.
GENOEG VIR 4-6
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 35 min.
6 hoenderstukke
125 ml (½ k) hoenderaftreksel
150 g noedels, gekook
150 g broccoli, geblansjeer
Heuningsous
30 ml (2 e) heuning
30 ml (2 e) olyfolie
30 ml (2 e) sojasous
1 knoffelhuisie, fyngedruk
Voorverhit die oond tot 180 ˚C.
- Meng die sousbestanddele in ’n bakkie. Pak die hoender op ’n bakplaat en giet sous oor. Bak die hoender 30 min. terwyl jy dit af en toe bedruip tot die hoender goed verbruin en sag is. Haal uit en skakel die oond af.
- Giet die aftreksel oor die hoender en voeg die gaar noedels en broccoli by terwyl jy die noedels onder die hoender indruk. Sit sowat 5 min. terug in die steeds warm oond voor voorsit.
Deur Hope Malau
Foto’s: David Briers