Quantcast
Channel: Pluimvee – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 73

Klewerige hoendervlerkies

$
0
0

Kom vriende kuier? Hierdie peuselhappie sal sommer vinnig verorber word.

Genoeg vir 4-6
Bereiding: 10 min.
Marineer: 30 min.
Gaarmaak: 20 min.

1 kg hoendervlerkies
Marinade
250 ml (1 k) tamatiesous
125 ml (½ k) bruinsuiker
125 ml (½ k) worcestersous
125 ml (½ k) appelasyn
5 ml (1 t) paprika
10 ml (2 t) brandrissievlokkies
5 ml (1 t) sout
Doopsous
125 ml (½ k) karringmelk
125 ml (½ k) mayonnaise
125 ml (½ k) suurroom
45 ml (3 e) grasuie, fyn gekap
45 ml (3 e) pietersielie, fyn gekap
2,5 ml (½ t) mosterdpoeier
sap van ½ suurlemoen
sout en peper na smaak

Voorverhit die oond tot 200 °C en voer ’n bakplaat met foelie uit.

  1. Marinade: Meng al die bestanddele in ’n groot bak. Voeg die hoendervlerkies by, meng deur om met die sous te bedek en laat marineer oornag of 30 min.
  2. Haal die hoender uit die marinade en plaas op die bereide pan. Plaas in die oond en bak 20 min. of tot klewerig – bedruip gereeld terwyl jy die hoender omdraai.
  3. Doopsous: Meng al die bestanddele goed.
  4. Wanneer die hoendervlerkies gaar is, haal dit uit die oond en sit dit voor saam met die doopsous.

Deur Hope Malau
Foto: Misha Jordaan

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 73

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!