Dit is die vinnigste maaltyd om in ’n bedrywige week te berei.
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 5 min.
Marineer: 30 min. of oornag
Gaarmaak: 20 min.
4 hoenderborsies
250 ml (1 k) peper-en-knoffel-pastasous
30 ml (2 e) olyfolie
1 eiervrug
125 ml (½ k) gewone jogurt
2 knoffelhuisies, fyngedruk
30 ml (2 e) suurlemoensap
4 tortilla, gerooster
4 tamaties, in kwarte gesny
koljanderblare, vir garnering
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Marineer die hoender 30 min. of oornag in die pastasous en olyfolie. Plaas ’n roosterpan oor matige hitte en braai die hoender tot deurgaar.
- Rooster die eiervrug tot blasies vorm en dit sag is. Wanneer koel genoeg om te hanteer, skep die vlees uit. Meng die eiervrugvlees met die jogurt, knoffel en suurlemoensap.
- Smeer elke tortilla met die baba-ganoesj (eiervrugmengsel) en bedek met skywe hoender, die vars tamaties, oorskietsous en koljander.
Deur Hope Malau
Foto: Misha Jordaan