Quantcast
Channel: Pluimvee – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 73

Hoender-en-stampmieliekerrie

$
0
0

Sit alles in die pot en roer dit net af en toe of voeg water by indien nodig.

Genoeg vir 4-6 mense
Week: Oornag
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 2 uur

300 g stampmielies, oornag geweek
1 ui, gekap
400 g blik gekapte tamaties
4 hoenderborsies, in skywe gesny
5 cm gemmer, gerasper
10 ml (2 t) komynsaad
10 ml (2 t) borrie
3 knoffelhuisies, gekap
10 ml (2 t) kerriepoeier
750 ml (3 k) hoenderaftreksel
1 groen brandrissie, gekap
sout en peper
’n hand vol pietersielie, gekap

  1. Plaas die stampmielies, ui, tamaties, hoender, gemmer, komyn, borrie, knoffel, kerriepoeier, aftreksel en brandrissie in ’n groot pot oor matige hitte. Bring tot kookpunt en verlaag die hitte.
  2. Laat 2 uur prut of tot die stampmielies sag is. Hou aan roer en water byvoeg om te keer dat dit aanbrand.
  3. Geur met die sout en peper en strooi die pietersielie oor.

Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 73

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!