Los die wegneemkos en geniet hierdie geurige maaltyd by die huis.
GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 15 min.
6 sprietuie, gekap
1 groen brandrissie, gekap
5 ml (1 t) wonderpeper
5 ml (1 t) droë tiemie
5 ml (1 t) fyn koljander
10 ml (2 t) fyn kaneel
5 ml (1 t) fyn neutmuskaat
5 ml (1 t) bruinsuiker
sout en vars gemaalde swartpeper
45 ml (3 e) witwynasyn
15 ml (1 e) olie
4 hoenderborsies, in dun skywe gesny
NOEDELS
30 ml (2 e) olie
1 baba-kool, in skywe gesny
2 wortels, gerasper
1 rooi soetrissie, in skywe gesny
30 ml (2 e) tamatiesous
’n paar druppels Tabasco-sous
80 g noedels, gekook
- Klits al die bestanddele buiten die hoender saam tot dit ’n dik puree vorm. Voeg die hoenderstukke in die bak en meng tot die hoender met die marinade bedek is. Plaas eenkant.
- Noedels Giet die olie in ’n groot pan oor matige hitte en braai die kool, wortels en rooi soetrissie tot sag. Haal uit die pan. Meng die tamatie- en Tabasco-sous in ’n bakkie.
- Plaas die pan terug op die hitte, voeg die gemarineerde hoender by en braai 10 min. Voeg die groente, sousmengsel en noedels by en roer tot goed bedek.
Deur Hope Malau
Stilering: Esther Malan