Quantcast
Channel: Pluimvee – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 73

Hoendernoedels

$
0
0

Berei in minder as 30 minute ’n heerlike aandete vir die gesin.

Genoeg vir 4 mense
Gaarmaak: 20 min.
Bereiding: 10 min.

50 g botter
1 ui, fyn gekap
1 wortel, gekap
1 selderystok, gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
1 lourierblaar
4 takkies tiemie, blare gepluk
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
2 hoenderborsies, in repe gesny
125 g eiernoedels
sout en peper

  1. Smelt die botter in ’n groot pot oor matige hitte. Voeg die ui, wortel en seldery by en soteer tot sag en goudbruin.
  2. Voeg die knoffel, lourierblaar en tiemie by en soteer nog 2 min. Giet die hoenderaftreksel in, voeg die hoenderborsies by en stel die hitte laer. Laat prut die aftreksel en hoender 15 min.
  3. Haal die hoenderborsies uit die aftreksel. Voeg die noedels by en laat kook.
  4. Sit die hoender terug in die aftreksel en laat prut 2 min. Geur met die sout en peper en sit dan voor.

Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander


Viewing all articles
Browse latest Browse all 73


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>