Quantcast
Channel: Pluimvee – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 73

Romerige hoenderlewertjies

$
0
0

Geniet romerige hoenderlewertjies, voorgesit met brood om die sous mee op te skep.

GENOEG VIR 4-6 MENSE
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 15 min.

250 g hoenderlewertjies, skoongemaak
sout en vars gemaalde peper
30 ml (2 e) olie
1 ui, fyn gekap
1 groen rissie, gekap
30 ml (2 e) knoffelpasta
125 ml (½ k) room

  1. Geur die lewertjies met die sout en vars gemaalde peper. Verhit die olie in ’n pan tot rookwarm. Voeg die lewertjies by en skroei 1 min. aan elke kant. Skep die lewertjies uit die pan en laat staan eenkant.
  2. Soteer die ui in dieselfde pan tot sag. Voeg die rissie en knoffelpasta by en skep weer die lewertjies in die pan.
  3. Voeg die room by en laat saggies tot die helfte (sowat 5 min.) afkook.

Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander


Viewing all articles
Browse latest Browse all 73


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>