Quantcast
Channel: Pluimvee – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 73

Brandrissie-heuning-sosaties

$
0
0

Kikker vanaand se aandete op met hierdie heerlike resep.

GENOEG VIR 4-6
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 20 min.

Sous
125 ml (½ k) tamatiesous
60 ml (¼ k) heuning
2 brandrissies, fyngemaal
60 ml (¼ k) bruinsuiker
15 ml (1 e) Worcestershire-sous
10 ml (2 t) appelasyn
2,5 ml (½ t) knoffelpoeier
2,5 ml (½ t) fyn swartpeper
Sosaties
4 hoenderborsies
2 rooi-uie, in wiggies gesny

  1. Plaas ’n klein kastrol oor lae hitte. Voeg al die sousbestanddele by en roer om te meng. Laat prut 5 min. tot die suiker opgelos en die sous verdik het.
  2. Sosaties: Sny die hoenderborsies in happiegrootte-stukke en ryg om die beurt met uie-wiggies aan die sosatiestokke.
  3. Verf met die sous en braai oor matige hitte in ’n roosterpan – bedruip terwyl jy omdraai. Sit voor met platbrode en groenslaai.

Deur Hope Malau
Foto: David Briers


Viewing all articles
Browse latest Browse all 73

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!