Hou jy vanaand ’n partytjie? Hierdie tradisionele Egiptiese peuselhappie sal jou komplimente besorg. Verdubbel die resep as jy meer nodig het.
Genoeg vir 4
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 10 min.
DUKKAH
100 g macadamia-neute, gerooster en gekap
15 ml (1 e) koljandersaad, gerooster
15 ml (1 e) komynsaad, gerooster
10 ml (2 t) brandrissievlokkies
15 ml (1 e) paprika
HOENDER
6 hoenderborsies, in skywe gesny
1 eier
750 ml (3 k) gewone jogurt
160 ml (⅔ k) olie
’n hand vol vars grasuie, gekap
4 sprietuie, gekap
’n hand vol vars pietersielie, gekap
sap van 1 suurlemoen
sout en peper
- Dukkah Meng al die bestanddele in ’n bak en sit eenkant.
- Hoender Plaas die hoenderrepe, eier en 500 ml (2 k) jogurt in ’n bak. Roer tot gemeng, bedek en laat 30 min. marineer.
- Verhit die olie in ’n groot kastrol en bestuif die repe in die dukkah. Laat sak in in die warm olie en braai tot deurgaar en goudkleurig. Haal uit die olie en dreineer op papierhanddoek.
- Gooi die orige jogurt, grasuie, sprietuie, pietersielie en suurlemoensap in ’n bak en roer met ’n vurk tot deeglik gemeng. Geur na smaak.
- Sit die bros hoender warm of koud voor met die uie-jogurt-doopsous.
Deur Hope Malau
Foto: Misha Jordaan