Quantcast
Channel: Pluimvee – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 73

Halfuur-hoendertikka-masala

$
0
0

Hierdie vinnige resep is perfek vir aandete op ’n weeksaand.
 
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 30 min.

2 uie, fyn gekap
4 hoenderborsies, in blokkies gesny
1 rooi brandrissie
3 cm-stuk gemmer
’n hand vol vars koljander, gekap
3 knoffelhuisies, in skywe gesny
300 g tikka-pasta
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
400 g gekapte tamaties
250 ml (1 k) gewone jogurt
sap van 1 suurlemoen
platbrood vir voorsit
Tzatziki
250 ml gewone jogurt
’n hand vol vars kruisement, gekap
sap van 1 suurlemoen
½ komkommer, saad geskraap en gerasper

  1. Verhit die olie in ’n kastrol oor matige hitte. Voeg die ui, hoender, brandrissie, gemmer, koljander en knoffel by en braai 5 min.
  2. Roer die tikkapasta in en braai 1 min. of tot gemeng. Geur en voeg die tamaties en 125 ml (½ k) water by. Verlaag die hitte en laat prut 30 min.
  3. Versnipper die hoender met twee vurke in die kastrol. Verwyder van die hitte, roer die jogurt en suurlemoensap in, en geur met die sout en peper.
  4. Tzatziki Meng die jogurt, kruisement en suurlemoensap. Voeg die gerasperde komkommer by, geur na smaak en roer. Sit saam met die platbrood voor.

Deur Hope Malau
Foto: Misha Jordaan

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 73

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>