Paprika is die kern van hierdie alles in een hoender-en-kluitjie-pangereg.
Genoeg vir 6
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 30 min.
2 uie, in skywe gesny
1 rooi soetrissie, in skywe gesny
15 ml (1 e) olie
4 hoenderborsies, in blokkies gesny
10 ml (2 t) paprika
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
1 appel, ontkern en fyn gekap
400 g gekapte tamaties
1 naeltjie
sout en peper
KLUITJIES
125 g meel
5 ml (1 t) bakpoeier
’n knippie sout
60 g botter
45 ml (3 e) water
60 ml (¼ k) wit cheddar
- Soteer die uie en soetrissies in die olie in ’n pan oor matige hitte. Voeg die hoender by en braai 5 min. Verwyder van die hitte en roer die paprika in om die groente en hoender te bedek.
- Voeg die aftreksel by, sit terug op die hitte en kook terwyl jy roer 2 min. Voeg die appel, tamaties en naeltjie by.
- Laat prut 10 min. of tot die hoender amper deurgaar is.
- Kluitjies: Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ’n bak. Voeg die botter by en genoeg water om ’n dik deeg te maak. Rol lepels vol van die deeg in balletjies.
- Haal die deksel van die hoender af, pak die balle op die bredie en strooi die kaas oor. Bedek, sit terug op die stoof en kook 10 min. of tot die kluitjies plomp is.
Deur Hope Malau
Foto: Misha Jordaan