Quantcast
Channel: Pluimvee – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 73

Hoender-en-eier-pastei

$
0
0

As jy lus het vir iets anders en opwindends vir aandete, is dit net die resep vir jou.

Genoeg vir 6
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 40 min.
 
Deeg
750 ml (3 k) meel
’n knippie sout
250 g botter
60 ml (¼ k) yswater
sap van ½ suurlemoen
Vulsel
6 eiers
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekap
5 hoenderborsies, fyn gekap
100 g strepiespek, fyn gekap
’n hand vol pietersielie, fyn gekap
sout en swartpeper, na smaak
1 eier, geklits

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n ses-holte-muffinpan.

  1. Deeg: Sif die meel en sout in ’n bak; vryf die botter in tot dit soos broodkrummels lyk. Gooi klein hoeveelhede van die yswater en suurlemoensap by die meelmengsel in tot ’n sagte deeg vorm.
  2. Plaas die deeg op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en vorm ’n gladde bal. Rol die deeg uit tot ’n dikte van sowat 3 mm. Sny ses 15 cm-sirkels uit en gebruik elke sirkel om ’n holte in die muffinpan mee uit te voer. Sny ses 10 cm-sirkels uit vir die deksels en sit dit eenkant.
  3. Vulsel: Kook die eiers 2 min. in ’n pot kokende water en verfris dit dan in koue water. Dop versigtig af en sit eenkant.
  4. Plaas die ui, knoffel, hoender, spekvleis en pietersielie in ’n bak, geur met sout en swartpeper, en meng goed. Skep ’n bietjie van die mengsel in elke pasteidop, sit ’n eier in die middel en skep nog ’n bietjie vulsel oor.
  5. Verf die rand van elke pastei met ’n bietjie geklitste eier, plaas die deksels op en knyp die kante saam om heeltemal te verseël. Maak ’n gaatjie in die middel van elke pastei, bak 40 min. in die oond en sit 10 min. eenkant om af te koel.

Deur Hope Malau
Foto: Megan Miller


Viewing all articles
Browse latest Browse all 73


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>