Quantcast
Channel: Pluimvee – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 73

20 minute-gnocchi met hoenderlewer

$
0
0

Soek jy ’n idee vir ’n vinnige aandete? Beproef hierdie eenvoudige, smaaklike resep.

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 15 min.

250 g hoenderlewer, skoongemaak
30 g botter
400 g blik kersietamaties
’n hand vol basilie, grof gekap
45 ml (3 e) songedroogdetamatie-pesto
2 takkies roosmaryn
’n knippie suiker
sout en vars gemaalde peper
500 g gnocchi, gekook volgens die aanwysings op die verpakking

  1. Braai die lewer in die botter tot bruin en amper gaar. Voeg die tamaties, basilie, pesto en roosmaryn by.
  2. Laat prut tot die sous dik is.
  3. Geur met die suiker, sout en vars gemaalde peper en roer die gnocchi in. Sit warm voor.

Deur Hope Malau

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 73


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>